Organiseerder: Mnr. Jacques Vermooten

Fiets, Fietser, Bergfiets! Tans die vinnigste groeiende sportsoort by Overkruin. Harde oefening, deursettingsvermoë besonderse ouerbetrokkenheid sorg vir kompeterende en entoesiastiese ryers. Solomons-fietswinkel het twee fietse geskenk wat gebruik word vir leerders wat graag wil kom oefen, maar wat nog nie oor fietse beskik nie. Mnr Heinrich Moldenhauer en die Vriende van Magalies doen besonder baie moeite om die roetes op die berg in stand en veilig te hou.

Overkruin was een van 400 deelnemende skole aan die landswye Spur Schools Mountain Bike League. En dit is net die begin.