Organiseerder: Me. Lindi Vos
Die 2016-netbalseisoen is in ‘n oogwink verby en Ovies se netbalmeisies het weereens hulle staal gewys! Danksy ons spelers en afrigters wat hulle goed van hulle taak gekwyt het, was ons op die kruin van die golf. Ons opgegradeerde netbalbane maak dit ook nou moontlik om groot toernooie aan te bied.