Ovie-Vibz:

Die Overkruin Uitvoerende Kunste Akademie gaan van 1 Januarie 2017 bekend staan as Ovie-Vibz!

MISSION STATEMENT:

To provide all walks of life the opportunity to:

  • Increase and polish musical skills
  • Infuse a deeply-founded musical appreciation
  • Instil passion and life-long support for the art form

VISION STATEMENT:

We seek:

  • To expand musical education so that every child, adult and senior has access to quality instruction
  • To be a leader in music instruction and excellence
  • To develop new and stimulating ways to make music a part of everyday lives through performance

Vibri-Level:

Baie studente tussen 5 – 9 jaar oud weet hulle wil musiek doen, maar het geen idee watter instrument nie.

Ons het ‘n program ontwikkel (Vibri-Level) waar hulle “musiek” lesse het en in die proses word hulle blootgestel aan Klavier, Blokfluit, Sang & Kitaar. Na afloop van die program gaan daar duidelikheid wees watter instrument  die beste gaan werk en al die basiese beginsels van musiek sal vasgelê wees. Hulle gaan liedjies kan speel op al vier die instrumente.

Hulle kry ook ‘n Vibri-Level sertifikaat as hulle die kursus voltooi het.

Dit kan op ‘n individuele basis of in ‘n groep aangebied word. Groepe bestaan uit  ‘n minimum van 2 studente tot by ‘n maksimum van 6.

Musiek lesse by Ovie-Vibz behels:

  1. Ons werk met die leerder in sy totaliteit: intellektueel, emosioneel en liggaamlik.
  2. Musiekonderrig het ‘n positiewe uitwerking op die akademiese prestasie en algemene welsyn van leerders.
  3. Die leerders sal die geleentheid hê om deel te neem aan 2 konserte voor ‘n vriendelike gehoor (dit help om die leerders se selfvertroue te bou) deur die loop van die jaar: “Band Show”– hier kry elke student die geleentheid om saam met ‘n “Live Band” ‘n liedjie te sing en die Jaareind Konsert waar elke student ‘n liedjie gaan opneem in ‘n professionele “Recording studio”. By die konsert sing die leerders hulle liedjie “live”, maar die CD van die konsert word dan vrygestel by die konsert.
  4. Die leerders het ook die geleentheid om in te skryf vir vele kompetisies bv. Noorderkruin Kunstefees; SATCH, Talent Africa; Garsfontein Kunstefees ens.
  5. Ons het ‘n interne sillabus wat die leerders kan volg, wat tegniek, teorie, gehoor, prakties en waardering insluit. Dan kan hulle ook inskryf vir ‘n eksterne eksamen deur UNISA, TRINITY of RSL (Rockschool).

Ons hoof fokus is om die leerders lief te maak vir musiek!

Alle lesse word op ‘n individuele basis aangebied. Lesse is beskikbaar in die volgende instrumente:

  • Sang
  • Kitaar (Elektries, Ritmies, Klassiek & Bas)
  • Klavier / Keyboard
  • Blokfluit
  • Viool
  • Saksofoon
  • Dromme
  • Vakmusiek Gr. 10 – 12 (7e vak, vorm deel van rooster)
  • Musiek Teorie
  • Liedjieskryf  

019 BRIEFHOOF FORMEEL FOOT PNG