Ooreenkomstig die beleid van die Gauteng Departement van Onderwys (GDO) word tot 80% van die jaarpunt bereken op grond van die leerder se pligsgetrouheid met huiswerk, projekte en take asook sy of haar gesindheid in die klas. Indien die leerder nie sy of haar samewerking in hierdie verband gee nie, sal hy of sy punte verbeur.
Vir enige navrae kan die skool gekontak word by 012 567 5115 – Riansa Barnes
Kliek op “Register”, Daar sal ‘n “pop-up” verskyn: “Select the Registration Type” vir Suid-Afrikaanse burger of nie- Suid-Afrikaanse burger.
Ons vermoed dat u ID-nommer u gebruikersnaam sal wees, met die wagwoord wat u self kies. Ons vermoed dat u ‘n wagwoord sal moet insleutel – onthou u wagwoord aangesien u dit nodig gaan hê vir die volgende stap
Volg die stappe en voltooi al die velde volledig.
Dui aan indien daar reeds ‘n boetie/sussie in Hoërskool Overkruin is
Die volgende leerareas is verpligtend:
Die volgende leerareas is keusevakke: Slegs EEN keusevak moet gekies word.
Noodhulp word deur personeel buite skoolverband aangebied. Daarom is die vak onderhewig aan ‘n ekstra heffing, bo en behalwe skoolgeld. Die heffingsbedrag is R1 400 per jaar en is kwartaalliks teen R350 vooruitbetaalbaar.
ONTHOU !
Elke leerder MOET sewe vakke neem.
Huistaal, Eerste Addisionele Taal en Lewensorientering (LO) is verpligtend.
Leerders moet ˜n keuse tussen Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid uitoefen.
Drie ander keusevakke moet gekies word.
Universiteitstoelating: Vergewis u van opleidingsinstansies se toelatingsvereistes vir bepaalde kursusse of vakke.
Vakveranderinge sal vir graad 10 en 11 slegs aan die begin van die tweede kwartaal gedoen word..
Leerders wat uit eie keuse of op grond van ˜n aanbeveling deur ˜n opvoeder ‘n vakverandering wil maak, moet ‘n afspraak met die Departementshoof: Opvoedkundige Leiding maak.
As daar na die gesprek besluit word dat ‘n vakverandering die aangewese stap is, moet die leerder ‘n toestemmingsbrief van sy ouer/voog by die Departementshoof Opvoedkundige Leiding inhandig
Die leerder moet die brief, voor inhandiging, deur die betrokke vakonderwyser(s) laat teken.
Die vakonderwyser mag versoek dat die leerder ‘n toelatingstoets skryf.
Dit is die ouers of voogde en leerder se verantwoordelikheid om seker te maak dat die leerder na die vakverandering oor universiteit-vrystelling beskik, indien die leerder na skool aan ‘n universiteit wil gaan studeer.
Die briewe moet dan aan die Adjunkprinsipaal Akademie oorhandig word wat die nodige rooster skuiwe sal doen.
Dit is die leerder se verantwoordelikheid om agterstallige werk, dit sluit alle toetse, eksamens en portefeulje -werkstukke in te haal.
Die verandering tree in werking sodra die leerder alle werk ingehaal het en ‘n nuwe rooster ontvang het.
Geen vakveranderinge word na 30 April van die betrokke jaar aanvaar nie. Slegs departementele aanbevelings sal in hoogs uitsonderlike gevalle oorweeg word.