Ovieater is Overkruin se eie drama akademie waar aspirant akteurs en aktrises blootgestel word aan die toneelbedryf op ‘n unieke manier. ‘n Passie vir jeugdrama en die uitvoerende kunste word deur ‘n kundige, ervare afrigter, me Gerda Wessels, by die leerders gekweek.
Ovieater betree jaarliks die saalverhoog met ‘n produksie uit die boonste rakke. “Die ding op die dak” sal in Augustus 2019 op die planke wees. Dit is ‘n vollengte produksie wat spesiaal vir Ovieater geskryf is.
Ovieater bied aan die kreatiewe, sprankelende leerders die geleenheid om self as skrywers en regisseurs op te tree tydens ‘n toneelstuk wat hulle ook self opvoer. Die Ovieater-leerders neem jaarliks deel aan ‘n groot kunswedstryd in Pretoria.
Ovieater volg ‘n kurrikulum in drama wat onder andere die volgende vakke insluit:
Kontak me Gerda Wessels indien jy belangstel om deel te word van die opwindende geleentheid.
Kontakbesonderhede: Me Gerda Wessels
Selfoonnommer: 083 316 0015 E-pos: gerdadrama@gmail.com