Hokkie

Overkruin het hierdie jaar met ‘n interne hokkietoernooi afgeskop en dit was hope pret! Ons het gemengde spanne opgemaak en oor ‘n tydperk van 7 weke lekker hokkie op Enslinpark gespeel.

Aan die einde van 2019 het ons tydens die promosie-relegasie, een liga opgeskuif, omdat ons hierdie wedstryde – en die hele seisoen – die liga oorheers het.  Ons kon toe ongelukkig nie in 2020 teen die beter skole meeding nie en was hierdie jaar oorgehaal om hokkie te kon speel.

Ons het ongelukkig kon ons slegs twee ligawedstryde speel en het ons, soos in die verlede, die westryde oorheers. Dit was lekker om die meisies op die hokkieveld te sien en die spelers het dit terdeë geniet.

Ons wil spesiale erkenning aan ons o.18’s gee.  Dié span het Hoërskool Overkuin voorwaar oor die afgelope vyf jaar trots gemaak. Hulle het altyd hulle bes gegee, met entoesiasme gespeel, hokkie vir mekaar pret gemaak en was altyd ‘n voorbeeld om na te volg.  Julle laat voorwaar ‘n groot leemte en ons kan net dankie sê vir julle bydrae en positiewe ingesteldheid oor die afgelope vyf jaar.

Ons spog met twee van ons hokkiespelers wat verkies is tot Northers se “High Performance” oefengroep – Snipes Ntekati (o.16) en Lesedi Mamabolo (o.14).

Overkruin is voorwaar trots op ons hokkie en kan nie wag vir ‘n vol seisoen in 2022 nie.

AFRIGTING

KOTZE

Me. A Kotzé

Organiseerder Dogters
PRETORUIS

Me. Shanelle Pretoruis

Organiseerder Seuns

Gallery