Krieket

Overkruin-krieket speel elke wedstryd om te wen en die besondere gesindheid onder die trotse spelers tel meer as punte op ‘n telbord. Dit is die sportsoort waar uitnemendheid die waarde is wat deur elke speler en afrigter nagestreef word. Hier kry die leerders die geleentheid om wedstryd na wedstryd meer van mekaar te leer en hul kriekettalente te ontwikkel in geslypte vaardighede.

Overkruin se krieket gaan nie net oor die wen van ‘n wedstryd nie, maar soveel meer. Ons fokus om elke speler as mens te ontwikkel en om iets in hulle te plant wat ‘n leeftyd saam hulle sal bly. Hier is geen speler net ‘n nommer nie, maar elkeen word gesien as ‘n belangrike deel van die groter prentjie. Elkeen het sy plekkie, elkeen het ‘n doel!

As jy ‘n passie het vir krieket, kom wees deel van ‘n span wat jou sal bevoordeel, nie net op die veld nie, maar in elke aspek van menswees.

OVIES KRIEKET KOOK!

"Hierdie is die plek vir JOU!!"

AFRIGTING

ferer

Mnr. Andre Ferreira

Organiseerder
mvanwyk

Mnr. Maurice van Wyk

Afrigter
``Never say never, because limits, like fears, are often just illusions``

Gallery