Glitz en Glam! Só was ons Mnr. en Mej. Overkruin-deelnemers op Woensdagaand, 14 Maart 2018 opgetof. Dit was ʼn aand om te onthou. Bouwer Bosch was nie die enigste trekpleister nie. Willem Botha, Pascal Pienaar en die legendariese Gerrit Pienaar was onder andere van die beoordelaars wat daar was.
Hoërskool Overkruin het ook geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ʼn junior Mnr. en Mej. Ovie (graad 9’s en 10’s) aan te wys. Almal was baie opgewonde oor die wenners en hul aanhangers het hulle behoorlik toegejuig.
Die tema van die aand was Retro Carnival en ons senior finaliste het hulleself goed van hul taak gekwyt deur ʼn skouspelagtige modeparade op die planke te bring.
Elke deelnemer het geskitter op hul eie kreatiewe manier, veral tydens die karnaval-danspassies. Dit was nie ʼn maklike keuse om te maak nie, maar teen die einde van die aand het die wenners hul welverdiende titels met trots gedra.
Elke deelnemer het gesprankel en die standaarde vir volgende jaar hoog gestel.
Baie geluk aan al die wenners!
Pret en nogmaals pret. Dit is hoe ons die jaarlikse kruinfees beskryf.
Die volgende aktiwiteite vind tydens die kruinfees plaas
Ovies gee om. Ons kan dit sien in die aantal projekte wat in die loop van die jaar aangepak word.
Vele vakaktiwiteite word aangebied om die akademie aan te vul. Hierdie geleenthede wys dat die vakke meer is as teorie.
Van die vele vakgeleenthede is die volgende:
Omgee aktiwiteite
sportsoorte
Kultuuraktiwiteite
Vak en sosiale geleenthede