RUGBY

#OVIESRUGBY

Integriteit en harde werk is die sleutelwaardes van rugby by Overkruin. Overkruin se manne speel wenrugby

RUGBY

Ovies speel gewoonlik 12 wedstryde gedurende die seisoen. Die liggaamlike ontwikkeling in rugby sorg ook vir die leerder se holistiese ontwikkeling. Meeste van die spanne is ook in die uitspeelwedstryde betrokke. Ons is ook baie bevoorreg met ons spelers wat Hoërskool Overkruin gereeld op provinsiale vlak verteenwoordig. Die besondere verhouding tussen die afrigters en spelers getuig egter daarvan dat die fokus by Ovies-rugby nie wen ten alle koste is nie.

Die fokus is eerder op die ontwikkeling van elke individuele speler as mens. Toegewyde afrigters ontwikkel meer as net die rugbyvaardighede van jong spelers. Die jongmanne word gerig en gelei om as spanspelers ‘n gebalanseerde en waardevolle bydrae tot die gemeenskap te maak.

Die leuse van Ovies se rugbymanne is: WEES ANDERS! Dis ‘n besonderse voorreg om deel te wees van Ovies se rugbymanne. Die span is soos ‘n hegte familie en lewenslange vriendskapsbande word hier gesmee.

GALLERY

ORGANISERING

Mnr. D de Beer

Organiseerder

ddebeer@overkruin.com

"n Geleerdheid is die magtigste wapen wat die wêreld kan verander "

- Nelson Mandela

WORD DEEL VAN ONS OVIE-FAMILIE!

    VOLG ONS OP

    BLY OP HOOGTE VAN GEBEURE

    © Kopiereg 2022 | Hoërskool Overkruin | Geskep en bestuur deur Penta Motorgroep