SAGTEBAL

#OVIESSAGTEBAL

Die spandinamika tussen spelers en afrigters getuig van die besonderse toewyding en energie waarmee elke oefening en wedstryd aangepak word.

SAGTEBAL

Kundige afrigters begelei die dogters om die nodige vaardighede aan te leer en te ontwikkel. Dit is ‘n fees om ‘n sagtebalwedstryd by te woon en die afrigters, spelers en ouers se entoesiasme en liefde vir die sport waar te neem.

Overkruin word ook verteenwoordig in die Suid-Afrikaanse senior vroue sagtebalspan.

Daar is jaarliks verskeie Ovie-spanne wat puik presteer by die Tshwane-kampioenskappe.

Overkruin spog ook jaarliks met talentvolle spelers wat met Provinsiale kleure vereer word.

In ware Oviegees bied sagtebal verskeie geleenthede vir leerders om betrokke te raak.  Leerders kan deel word van die sagebalspan as spelers, maar daar is ook opleiding as tellinghouers, skeidsregters of afrigters.

GALLERY

ORGANISERING

Me. M Young

Organiseerder

myoung@overkruin.com

"Education Is The Most Powerful Weapon You Can Use To Change The World. "

- Nelson Mandela

© Kopiereg 2022 | Hoërskool Overkruin | Geskep en bestuur deur by Penta Motorgroep