Sewes-Rugby

Vinnige pas, opwindende hardlooprugby. Die spelers in die sewesspanne is vinnige, fikse ysters. Die Oviemanne is ware spanspelers wat ‘n bal kan raakvat en ‘n teenstander kan grond toe vat. Die wonderlike sportmanskap wat onder die spelers heers is ‘n klinkklare bewys dat die manne ook die waardes van ondersteuning vir mekaar in die sport leer.

Die afrigters se hoofdoel met sewesruby by Overkruin is om talentvolle spelers se vaardighede te ontwikkel om sodoende beter te presteer in 15-man rugby.

Overkruin neem aan verskeie toernooie deel en kompeteer teen die top skole in Pretoria.

AFRIGTING

mnr-Francois-Nel

Mnr. Francois Nel

Organiseerder, o15 & Eerstespan Afrigter
mnr. P du Plessis

Mnr. Pieter du Plessis

o15 & Eerstespan Afrigter

Gallery