Huiswerk moet ‘n funksionele toepassing wees van die les wat aan-gebied is.
Huiswerk bied aan die leerders die geleentheid om vaardighede te verbeter.
Huiswerk is evaluering van vaardighede om te bepaal of die leerder dit wat geleer is, kan toepas.
Huiswerk dien as voorbereiding of grondslag vir verdere leerinhoud.
Die effektiwiteit van die lesaanbieding kan grootliks bepaal word deur die kwaliteit van huiswerk wat deur kontrole bepaal word. ‘n Eweredige tydsverdeling tussen vakke moet plaasvind sodat daar nog voldoende tyd vir hersiening en studie is. Tydstoekenning vir huiswerk
Opvoeders moet opdragte en die tyd wat daaraan afgestaan word, volgens ‘n raamwerk per graad opstel. Die raamwerk moet klas- en huiswerk insluit.
Duidelike riglyne moet gegee word sodat die leerder presies weet wat verwag word.
Opvoeders moet realisties wees met die hoeveelheid huiswerk wat gegee word, byvoorbeeld slegs drie opdragte per week.
Gr. 8 1 ½ uur per skooldag
Gr. 9 2 uur per skooldag
Gr. 10 2 ½ uur per skooldag (25 min. per vak)
Gr. 11 3 uur per skooldag (30 min. per vak)
Gr. 12 4 uur per skooldag (40 min. per vak)
Geen vakveranderinge word na 15 Maart aanvaar nie. Slegs departe-mentele aanbevelings sal oorweeg word.