Die merkwaardige Ovie-swemmers oefen hard en doelgerig gedurende die swemseisoen.
Beginners en gesoute swemmers word afgerig deur Corlette de Clerck wat met professionele afrigting die leerders se swemtalente ontwikkel.
Die swemspan neem gedurende die jaar deel aan verskeie galas. Buite skoolverband neem die Ovie-swemmers deel aan kompetisies in lewensredding, oopwaterswem en driekamp. Die Ovie-swemmers het by die geleenthede al pragtige prestasies behaal.