Die Ovie-Vibz bied ‘n unieke geleentheid vir leerders om hul talente op verskillende gebiede in die uitvoerende musiekbedryf te ontdek en te ontwikkel. Die begaafde hoof van die skool, Lerina van Rensburg, skep vir die musikale leerders ‘n verskeidenheid geleenthede om internasionale kwalifikasies te verwerf en voor vriendelike gehore op te tree. Die besonderse prestasies wat die Ovie-Vibz-leerders in 2018 behaal het kan in een sin as volg opgesom word: Die leerders het deelgeneem aan 189 items en daar is 81 dubbel goue sertifikate, 70 goue sertifikate. 31 silwer sertifikate en 7 brons sertifikate verwerf.
Die leerders kan inskryf vir interne en eksterne eksamens (UNISA, Trinity, ABRSM & Rockschool). Ovie-Vibz sien in 2019 uit na die nuwe Musiekproduksie-klasse wat aangebied sal word waar leerders ‘n internasionale kwalifikasie kan verwerf.
Professionele lesse word aangebied in:
Ons hoof fokus is om die leerders lief te maak vir musiek!
Alle lesse word op ‘n individuele basis aangebied. Lesse is beskikbaar in die volgende instrumente: