ATLETIEK

#OVIESATLETIEK

Overkruin se atlete is die toonbeeld van harde werk en toewyding. 

Die talentvolle Ovie-atlete sorg byeenkoms na byeenkoms vir opwindende atletiek en uitsonderse prestasies. 

ATLETIEK

Met tyd verdwyn medaljes of dit gaar stof, maar die herinneringe aan die hoendervleis oomblikke by Overkruin se atletiek is iets wat nooit verlore sal gaan nie.

Kundige, toegewyde buite-afrigters en onderwysers rig die Ovie-atlete af. Die Ovies is besig tydens die atletiekseisoen. Jaarliks neem die Ovie-atlete deel aan verskeie byeenkomste. 

Die AGN liga’s , AGN-TUKS Top 10, TUT Top 12 en die NWU-Pukke Top 30 bied geleentheid vir die toppresteerders om teen ander skole se beste atlete deel te neem.  Jaarliks word verskeie Ovie-atlete gekies vir die Distrikspan. Die atlete neem deel by die Gauteng Skole Kampioenskap en by die SA-Skole Kampioenskap. Ovies is ‘n geregistreerde atletiekklub en die atlete neem ook deel aan die AGN-ligas en die ASA-Kampioenskap.

GALLERY

ORGANISERING

Me. M van Deventer

Organiseerder

mvdeventer@overkruin.co.za

"Education Is The Most Powerful Weapon You Can Use To Change The World. "

- Nelson Mandela

© Kopiereg 2022 | Hoërskool Overkruin | Geskep en bestuur deur by Penta Motorgroep