GEMENGDE-KOOR
#OVIESKOOR
Ons het ‘n gevestigde koortradisie wat oor dekades heen strek. Die Ovie-koor word as een van die beste kore in Pretoria gereken.
GEMENGDE-KOOR
Jaarliks neem die koor aan kompetisies soos die Pretoria Eisteddfod en die ATKV-Applous deel.
Die Ovie koor neem gewoonlik aan die volgende koorfeeste deel: Hoërskool Overkruin, Hoërskool Menlopark en Laerskool Wonderboom. Benewes die koorfeeste, was daar verskeie uitnodigingoptredes deur die koor soos die Paasdiens, Opedag, Kultuuraand, Tshwane Youth Arts Festival (Staatsteater).
Koortoere en -kampe is ‘n hoogtepunt waartydens koorlede nie net nuwe vriendskapsbande smee nie, maar ook ons pragtige land deurkruis en hul horisonne verbreed.
‘n Luisterryke koorfees en Gewyde Somerkerskonsert word jaarliks ook aangebied.
kultuur1@overkruin.com
© Kopiereg 2022 | Hoërskool Overkruin | Geskep en bestuur deur by Penta Motorgroep