ATKV

#OVIESATKV

Overkruin se ATKV-Jeugtak gee aan leerders ‘n geleentheid om innoverende projekleiers te wees en so aktief leiereienskappe te ontwikkel.

ATKV

Overkruin se ATKV-Jeugtak gee aan leerders ‘n geleentheid om innoverende projekleiers te wees en so aktief leiereienskappe te ontwikkel. Die aktiewe ATKV-Jeugtak van Overkruin maak ‘n groot verskil in die skool en in die gemeenskap en is een van net drie jeugtakke in Pretoria. Overkruin se kreatiewe ATKV-Jeugtak pak jaarliks splinternuwe projekte aan en die tak het al verskeie pryse losgeslaan as die aktiefste tak in Pretoria. Overkruin se ATKV-Jeugtak het ‘n prys gewen vir die unieke Erfenisdagfees waar die leerders mekaar se verskillende kulture ontdek en leer waardeer het.

Overkruin se ATKV-Jeugtak bestuur gewoonlik die volgende projekte vir ‘n opwindende jaar:

  • ‘n Sokkie waar Ovies lekker saam met hul maats tot laataand kan dans en kuier.
  • Menseregtedag word gevier met Kaalvoetdag
  • Algemene Kennisvasvrae
  • Uitreik op Jeugdag
  • ‘n Verfrissende teetuin vir Vrouedag

GALLERY

ORGANISERING

Me. R JORDAAN

Organiseerder

rjordaan@overkruin.co.za

"Education Is The Most Powerful Weapon You Can Use To Change The World. "

- Nelson Mandela

© Kopiereg 2022 | Hoërskool Overkruin | Geskep en bestuur deur by Penta Motorgroep