DRAMA-AKADEMIE

#OVIESDRAMA-AKADEMIE

Ovieater is Overkruin se eie drama akademie waar aspirant akteurs en aktrises blootgestel word aan die toneelbedryf op ‘n unieke manier.

DRAMA

‘n Passie vir jeugdrama en die uitvoerende kunste word deur ‘n kundige, ervare afrigter, me. Dionice van Nispen by die leerders gekweek.

Soos elke jaar, trek ons baie aandag tydens opedag met ons lekker lewendige stalletjie vol pruike, hoede en allerhande vreemde dinge. 

Ovieater neem deel aan die Pierneef Jeugfees en ons groepe stap weg met goue toekennings. Ons neem ook deel aan die Ovie-kultuvaria.

Ovieater bied aan die kreatiewe, sprankelende leerders die geleenheid om self as skrywers en regisseurs op te tree tydens ‘n toneelstuk wat hulle ook self opvoer. Die Ovieater-leerders neem jaarliks deel aan ‘n groot kunswedstryd in Pretoria.

Centurion Teater kom bied ʼn interaktiewe werkswinkel aan waar ons leerders inligting oor drama as ʼn beroepskeuse ontvang. Dit was groot pret!

 

GALLERY

ORGANISERING

Me. D van Nispen

Hoof: Ovieater

kultuur1@overkruin.co.za

"Education Is The Most Powerful Weapon You Can Use To Change The World. "

- Nelson Mandela

© Kopiereg 2022 | Hoërskool Overkruin | Geskep en bestuur deur by Penta Motorgroep