VAKKEUSES

#OVIESPRESTEER

Overkruin bied ‘n groot verskeienheid vakke aan om van te kies. Die Ovie personeel help elke leerder om die regte vakkeuses te maak om sukses te verseker.

OVIES BEWEEG SAAM VORENTOE

Elke leerder is verplig om sewe vakke te neem waarvan ‘n Huistaal, Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering en ‘n Wiskunde (Wiskunde/Wiskundige Geletterdheid) verpligtend is.  

Slegs leerders wie 55% of hoër het vir Wiskunde in Graad 9 sal teogelaat om Wiskunde te vat vanaf Graad 10 vorentoe.

 

Leerders moet Wiskunde hê in Graad 10 om Fisiese Wetenskappe of Inligtings Tegnologie (IT) te kan kies.  Vanaf 2023 bied Hoërskool Overkruin ook Tegniese Wiskunde aan wat deelvorm van ‘n tegniese vak-pakket.

Universiteitstoelating: Vergewis u van opleidingsinstansies se toelating

GRAAD 8 & 9

Die volgende leerareas is verpligtend:

  • Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal
  • Engels Huistaal of Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskappe
  • Lewensorientering
  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  • Sosiale Studies
  • Tegnologiese Wetenskappe
  • Skeppende Kunste

Die volgende leerareas is keusevakke: Slegs EEN keusevak moet gekies word.

  • Duits
  • Musiek
  • Rekeningkunde
  • Sportwetenskap
  • Ingenieursgrafika en ontwerp (IGO)
  • Robotika

Noodhulp en Robotika word deur personeel buite skoolverband aangebied. Daarom is die vak onderhewig aan ‘n ekstra heffing, bo en behalwe skoolgeld. 

GRAAD 10-12

Die volgende leerareas is verpligtend:

  • Afrikaans Huistaal (Afrikaanse leerders) Engels Huistaal (Engelse leerders)
  •  Engels Eerste Addisionele Taal (Afrikaanse leerders) Afrikaans Eerste Addisionele Taal (Engelse leerders)
  • Lewensorientering

Die volgende leerareas is keusevakke: Slegs EEN keusevak moet gekies word.

  • Wiskunde
  • Tegniese Wiskunde
  • Wiskunde Geletterdheid

Die volgende leerareas is keusevakke: Slegs DRIE keusevak moet gekies word.

  • Besigheidstudies
  • Duits
  • Fisiese Wetenskap
  • Geografie
  • Ingenieursgrafika en ontwerp
  • Inligtingstegnologie
  • Meganiese Tegnologie
  • Tegniese Wetenskap
  • Lewenswetenskappe
  •  Musiek (Slegs leerders met teorie en prakties op vlak3)
  • Rekenaartoepassingstegnologie
  • Rekeningkunde
  • Toerisme
  • Verbruikerstudies
  •  Visuele Kunste
    • VAKVERANDERINGE sal vir Graad 10 en 11 slegs aan die begin van die tweede kwartaal gedoen word.
    • Leerders wat uit eie keuse of op grond van ‘n aanbeveling deur ‘n opvoeder ‘n vakverandering wil maak, moet ‘n afspraak met die Departementshoof: Opvoedkundige Leiding maak.
    • As daar na die gesprek besluit word dat ‘n vakverandering die aangewese stap is, moet die leerder ‘n toestemmingsbrief van sy ouer/voog by die Departementshoof Opvoedkundige Leiding inhandig.
    • Die leerder moet die brief, voor inhandiging, deur die betrokke vakonderwyser(s) laat teken.
    • Die vakonderwyser mag versoek dat die leerder ‘n toelatingstoets skryf.
    • Dit is die ouers/voogde en leerder se verantwoordelikheid om seker te maak dat die leerder na die vakverandering oor universiteitsvrystelling beskik indien die leerder na skool aan ‘n universiteit wil gaan studeer.
    • Die briewe moet dan aan die Adjunkhoof/ Akademiesehoof oorhandig word wat die nodige rooster skuiwe sal doen.
    • Dit is die leerder se verantwoordelikheid om alle agterstallige werk, insluitend alle toetse, eksamens en portefeuljes, in te haal.
    • Die verandering tree in werking sodra die leerder alle uitstaande werk ingehaal het en ‘n nuwe rooster ontvang het.
    • Geen vakveranderinge word na 30 April van die betrokke jaar aanvaar nie. Slegs departementele aanbevelings sal in hoogs uitsonderlike gevalle oorweeg word.
    •  

"Education Is The Most Powerful Weapon You Can Use To Change The World. "

- Nelson Mandela

© Kopiereg 2022 | Hoërskool Overkruin | Geskep en bestuur deur by Penta Motorgroep