Die Hoof se Boodskap

Baie welkom by Hoërskool Overkruin!

Ons is trots om te sê dat ons ‘n waardegedrewe, multi-kulturele en ‘n parallelmedium skool is. Ons beywer ons daarvoor dat elke leerder in die skool 100% kans kry om geleenthede te benut en dienooreenkomstig te ontwikkel op akademiese, sport, kulturele en sosiale gebied.

Ons visie is om ‘n veilige leeromgewing te skep waar uitnemendheid, dissipline, menswaardigheid en wederwydse respek vir verskille ten opsigte van taal en kulture mekaar ontmoet.  Hierdeur verseker ons dat  elke leerder ‘n positiewe bydrae  maak as Suid-Afrikaanse burger en die vermoë het om in te pas, ongeag waar talente benodig word.

Alhoewel akademie en dissipline vir ons die belangrikste uitvoerprodukte van ons skool is, glo ons aan karakterbou volgens een stel waardes wat  tot een skoolkultuur lei,  nl:  Die Ovie-Kultuur.  Ons as skool staan saam as ‘n eenheid en ons bloed is maroen!

Ons kernwaardes waarop ons daaglikse handel en wandel gebou word is:

Respek – Vir mekaar, oneself en die omgewing.

Integriteit – Ons woorde en dade stem ooreen en eerlikheid is die kern

                     Van wie ons is.

Deusettingsvermoë – Ons hou aan en gee nie op nie.  Selfs as

                                      ons uitgedaag word.

Lojaliteit – Ons ondersteun en beskerm die gemeenskap waaraan ons

                   Behoort.

Uitnemendheid –  Ons werk hard en gedissiplineerd om ons volle

                               potensiaal te ontwikkel en mik hoër as die minimum-

                               vereistes.

Balans – Ons weet wanneer om hard te werk en wanneer om te speel

                en pret te hê.

By Hoërskool Overkruin bou ons aan ‘n trotse skoolgemeenskap en verseker dat personeel, ouers en leerders hande vat om ‘n stimulerende leerklimaat te skep en te onderhou.

Ons glo dat sukses slegs bereik kan word indien wedersydse vertroue en duidelike doelwitte en verwagtinge gestel word.  Ons is God se skool.

Ons nooi u uit om deel van die Ovie-familie te word en jou skoolloopbaan uit te leef in ‘n toekomsgerigte skoolomgewing.

L4791(0021)

"Education Is The Most Powerful Weapon You Can Use To Change The World. "

Dankie aan ons uitnemende onderwysers. U handel en wandel laat my aan die volgende woorde van Benjamin Franklin dink: “An investment in knowledge always pays the best interest”. U onbaatsugtige diens skilder ʼn meesterstuk – ʼn reënboog vol kleure wat ʼn lied en ʼn glimlag op menige geplooide gesigte gaan verf. Die feit dat Hoërskool Overkruin as ʼn top- akademiese instansie gereken word, is aan u te danke. Baie dankie vir u belegging om hierdie skatkis vol drome, met arendsvlerke te laat vlieg.

Hoewel dit om ons woel en bruis, staan een konstante waarheid helder en duidelik uit: God ís en bly volkome in beheer, Hy is getrou en sal nóóit die werke van Sy hande laat vaar nie. Met hierdie stukkie wysheid gaan Hoërskool Overkruin doelgerig in geloof en met vertroue aan groter ideale bou, sy offers bring en as jeug die pad oopsper met eenheidsideaal, KYK VER!

God seën.

- Nelson Mandela

© Kopiereg 2022 | Hoërskool Overkruin | Geskep en bestuur deur by Penta Motorgroep