SKAAK
#OVIESSKAAK
Ons Ovie-skaak is ons trots! Ovie-skaak bied aan ons leerders die unieke geleentheid om aan ‘n sport deel te neem en boonop hul kognitiewe vaardighede uit te brei.

SKAAK

Skaakspelers word verdeel in drie ouderdomsgroepe – o. 15,  o. 17 en o. 18. Hierdie spelers neem deel aan die D3-liga, waarvan die wenners en naaswenners verder deurdruk na die distriksfinale. Die beste twee spanne in elke ouderdomsgroep dring deur na die Gauteng Top Skole kompetisie.

Wanneer die geleentheid aanbreek deel ons graag aan die Arnold Challenge se spanskaak-kompetisie deel. Ons spelers leer hier nie net om saam as ‘n span te speel nie, maar ook om hul mede-spelers te vertrou. Bowenal is hierdie kompetisie groot pret!

GALLERY

ORGANISERING

Me. N OOSTHUIZEN

Organiseerder

noosthuizenen@overkruin.com