Bergfiets

Overkruin Bergfiets skep ‘n geleentheid vir ervare en onervare ryers om deel te neem aan ‘n sportsoort wat jou op ‘n adrenalien gevulde avontuur neem. Die visie vir Overkruin se bergfietsspan is om tot ‘n groter en ‘n sterker span aan die einde van 2019 te groei.

Harde oefening, lojaliteit en besonderse ouerbetrokkenheid sorg vir kompeterende en entoesiastiese Ovie-ryers. Die span bestaan uit sowat 25 fietsryers. In 2019 sal die Ovie-ryers weer deelneem aan die Spur Liga. Die Ovie-ryers neem ook deel aan die Nissan Trailseeker en Gauteng Cycling XCO races.

Overkruin se jaarlikse bergfietskamp vind tydens die Junie/Julie vakansie plaas en is iets waarna die span altyd uitsien … lekker kos, lekker samesyn, lekker oefen en hope pret.

Overkruin se bergfietsspan kan nie wag om 2019 met oorgawe aan te pak nie.

AFRIGTING

marsh

Mnr. Arno Marsh

Organiseerder & Afrigter

Gallery