GHOLF

#OVIESGHOLF

Volgens die gholflegende, Gary Player, moet jy baie hard werk om ‘n natuurlike gholfspeler te word en hoe harder jy werk, hoe gelukkiger is jy op die gholfbaan.

GHOLF

Die Overkruin gholfspan glo dat harde werk en toewyding belangrik is om sukses te behaal in gholf. Aan die einde van ‘n besige skoolweek is dit egter ook net lekker om af te skakel met ‘n gesellige potjie gholf.

Overkruin het ‘n eerste span en tweede span wat deelneem aan die B- en C-liga tydens die gholfseisoen.

Gholf is ‘n ontspanne sport wat uit ‘n baie presiese tegniek bestaan ​​om die bal te kry waar jy wil.

Ons spelers moet hul eie gholfstel en privaat afrigting hê. Ons het gewoonlik baie pret op die gholfbaan en ons leer baie by ons mededingers. Ons speel gereeld teen skole soos AHS, Menlopark, Garsfontein en Zwartkops.

Ons streef daarna om meer spanne wat Hoërskool Overkruin kan verteenwoordig in te skryf vir die onderdkeie liga’s.

GALLERY

ORGANISERING

Mnr. C JACOBSZ

Organiseerder

"Education Is The Most Powerful Weapon You Can Use To Change The World. "

- Nelson Mandela

© Kopiereg 2022 | Hoërskool Overkruin | Geskep en bestuur deur by Penta Motorgroep