Overkruin se ATKV-Jeugtak gee aan leerders ‘n geleentheid om innoverende projekleiers te wees en so aktief leiereienskappe te ontwikkel.
ATKV
Overkruin se ATKV-Jeugtak gee aan leerders ‘n geleentheid om innoverende projekleiers te wees en so aktief leiereienskappe te ontwikkel. Die aktiewe ATKV-Jeugtak van Overkruin maak ‘n groot verskil in die skool en in die gemeenskap en is een van net drie jeugtakke in Pretoria. Overkruin se kreatiewe ATKV-Jeugtak pak jaarliks splinternuwe projekte aan en die tak het al verskeie pryse losgeslaan as die aktiefste tak in Pretoria. Overkruin se ATKV-Jeugtak het ‘n prys gewen vir die unieke Erfenisdagfees waar die leerders mekaar se verskillende kulture ontdek en leer waardeer het.
Overkruin se ATKV-Jeugtak bestuur gewoonlik die volgende projekte vir ‘n opwindende jaar:
‘n Sokkie waar Ovies lekker saam met hul maats tot laataand kan dans en kuier.
Menseregtedag word gevier met Kaalvoetdag
Algemene Kennisvasvrae
Uitreik op Jeugdag
‘n Verfrissende teetuin vir Vrouedag
GALLERY
ORGANISERING
Me. R JORDAAN
Organiseerder
rjordaan@overkruin.co.za
"Education Is The Most Powerful Weapon You Can Use To Change The World. "